top of page
Search
Hennie Jansen van Vuuren

NPC Logistiek en Transport

Transport en Logistiek is sinoniem met mekaar en is sekerlik een van die mees komplekse bedrywe in die SA. Daar nog ‘n groot mis persepsie onder mense oor waar en hoe produkte tot by die afset gebied kom. Baie mense dink nog melk en brood kom vanaf ‘n groot ketting winkel se rak af, maar hoe het dit daar gekom?


Dit begin alles by logistiek en transport. Produkte moet nog steeds vanaf punt A na B toe geskuif word en dit gaan nie gebeur sonder pad vervoer nie. Rou materiaal moet gelewer word aan fabrieke vir verwerking en vervaardiging. En daarna moet die verspreiding van die finale produkte ook geskied.



Groot uitdagings waarmee transporteurs vandag moet deel is ons infrastruktuur, diefstal, krag onderbrekings, hoë diesel pryse, ens., maar tog moet die wiele bly rol. Uitdagings sal daar altyd wees, by NPC streef ons daarna om die regte produk, in die regte kondisie en teen die regte prys by ons kliënte te lewer.


NPC Logistiek is gevestig in 2011 en gaan net van krag tot krag elke dag, met die Nu-Pro Groep se ondersteuning. NPC Logistiek vervoer gemiddeld tussen 30 000 to 40 000 ton graan per maand vir uitvoer, voerfabrieke, ens. Ons het toegang tot groot verskeidenheid voertuie, bv. selfledigende sleepwaens, Tautliners, platbakke, massakante, containers ens. om aan alle kliënte se individuele behoeftes te voorsien.



As maatskappy kan ons die kliënt van enige sentrale punt in Suid-Afrika bedien. Ons verskaf ook vervoer oor die grense van ons buurlande met voldoende goedere in transito versekering. Met meer as 30 jaar ondervinding in ons logistieke span stap ons die ekstra myl vir ons kliënte en transporteer. Die volgende keer as jy ‘n produk van die rak afhaal onthou hoe dit daar gekom het.

Comments


bottom of page